Category Archives: Apartheid

13 September 1966 – John Vorster aangewys as die nuwe hoofleier van die Nasionale Party

Op 13 September 1966, slegs ’n week ná die sluipmoord op die toenmalige eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, word John Vorster aangewys as die nuwe hoofleier van die Nasionale Party (NP) en word ook amptelik aangewys as die nuwe eerste minister van Suid-Afrika. Vorster het tot 1978 in die amp gedien. Voor dié aanstelling was […]

6 September 1966 – Dr. H.F. Verwoerd in sluipmoordaanval doodgesteek

Dr. H.F. Verwoerd, eerste minister van Suid-Afrika, is vandag 54 jaar gelede, op 6 September 1966, in ’n sluipmoordaanval in die parlement doodgesteek. Die sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas, was van Grieks-Portugese afkoms en het as ’n bode in die parlement gewerk. Hy is nooit gevonnis vir die moord nie en is waansinnig verklaar. Hy is met […]

15 Augustus 1989 – P.W. Botha bedank as SA president

Vandag 31 jaar gelede, op 15 Augustus 1989, bedank P.W. Botha as president en F.W. de Klerk word as waarnemende president aangewys. Botha het vroeg in 1989 ’n beroerte gehad en daarna as leier van die Nasionale Party bedank. F.W. de Klerk het die nuwe partyleier geword, terwyl Botha intussen as president van die land […]

28 Julie 1990 – Hallmark-bom ontlont

Op 28 Julie 1990, vandag 30 jaar gelede, word die polisie ingelig van ’n verdagte minibus in ’n parkeerterrein in die Hallmark-gebou in Vermeulenstraat, Pretoria, en ontdek dat die bussie ’n motorbom bevat. Die bom word suksesvol ontlont deur die ’n spesialis van die Suid-Afrikaanse bomeenheid, George Francois Hammond*. Die Suid-Afrikaanse Polisie se goue kruis […]

2 Julie 1988 – Motorbom ontplof na rugbywedstryd op Ellispark

Twee mans is dood en meer as 30 ander mense beseer toe ’n motorbom op 2 Julie 1988, (vandag 32 jaar gelede) ná ’n rugbywedstryd op die Ellispark-stadion in Johannesburg ontplof het. ’n Vlaag bomontploffings het in dié tyd plaasgevind. Die Ellispark-bom was die vierde binne slegs twee dae in Pretoria en Johannesburg. In ’n […]