Category Archives: Eerste Vryheidsoorlog

Die Ras-kanonne van die Eerste Vryheidsoorlog

Deur Ilze Nieuwoudt  Die 140ste herdenking van die Slag van Majuba, wat op 27 Februarie 1881 tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind het, word binnekort gevier. Dié oorlog was die grootste konflik tussen Boer en Brit vóór die Anglo-Boereoorlog wat in 1899 uitgebreek het. Hoewel laasgenoemde oorlog baie meer omvangryk was, het die Eerste Vryheidsoorlog ’n […]

28 Januarie 1881 – Slag van Laingsnek

Vandag 140 jaar gelede vind die Slag van Laingsnek gedurende die Eerste Vryheidsoorlog plaas. Dié veldslag was ’n gevoelige nederlaag vir die Britse magte. Die Britte se ondoeltreffende kanonvuur (weens die aard van die terrein) en die mislukte aanval deur die Britte se berede eskadron is ná die veldslag as die twee belangrikste redes vir […]

20 Januarie 1831 – Piet Joubert gebore

Op 20 Januarie 1831 word Petrus Jacobus (Piet) Joubert gebore. Joubert het onder meer gedurende die Eerste Vryheidsoorlog ’n prominente rol gespeel as deel van die Driemanskap in die herstelde regering van die ZAR. In sy boek oor die Eerste Vryheidsoorlog skryf die historikus Jackie Grobler soos volg oor Joubert: “Petrus Jacobus (Piet) Joubert (1831-1900) […]

22 Desember 1880 – Begin van beleg van Pretoria

Op 22 Desember 1880 begin die beleg van Pretoria tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Volgens dr. Jackie Grobler, historikus en skrywer van Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 het owerhede in dié stad ’n beleëring daarvan deur die Boere verwag. Die stad is daarom reeds op 21 Desember ontruim. Grobler skryf: “Die besluit om Pretoria te ontruim is […]

20 Desember 1880 – Eerste veldslag van EVO vind plaas

Vandag 140 jaar gelede, op 20 Desember 1880, vind die eerste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog by Bronkhorstspruit plaas. In sy bekroonde boek Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 skryf die historikus dr. Jackie Grobler soos volg oor die eerste skote van die slag: “Die Boere het die eerste skote van die geveg by Bronkhorstspruit geskiet. Hulle […]