Category Archives: Geloof

Die Bybel – in AFRIKAANS!

Die eerste eksemplare van die Afrikaanse Bybel word in Mei 1933 by die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap afgelewer, bron: Transvaalse Argiefbewaarplek

Op 26 Augustus 1933, vanjaar 86 jaar gelede, is ’n fees in byna elke uithoek van Suid-Afrika gehou. Die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse Bybel is op dié dag gehou, met die hoogtepunt van feesvieringe wat in Bloemfontein plaasgevind het. Nagenoeg 5 000 gaste het die geleentheid in Bloemfontein bygewoon. Die vertaling van die Bybel […]

26 Augustus 1933 – Bekendstelling van volledig Afrikaanse Bybel in SA gevier

Op 26 Augustus 1933, vandag 87 jaar gelede, word die amptelike bekendstelling van die eerste volledige vertaling van die Afrikaanse Bybel in elke uithoek van Suid-Afrika gevier, met die feesvieringe in Bloemfontein as die hoogtepunt daarvan. Ds. S.J. du Toit het in 1884 formeel met die vertaling van die Bybel begin en teen 1920 verskyn […]

24 Augustus 1572 – St. Bartholomeusnag: Rooms-Katolieke val Protestante aan

Op 24 Augustus 1572, vandag 488 jaar gelede, begin St. Bartholomeusnag, oftewel die Bloedbruilof, in Parys toe Rooms-Katolieke ’n aanval op Protestante by die huweliksfees van Margaretha van Valois en Hendrik van Navarre (die latere koning Hendrik IV van Frankryk) uitvoer. Aanvalle op Hugenote het vinnig ook na ander streke uitgebrei. In Parys alleen is […]

23 Junie 1939 – Ds. Louis Ernst Brandt sterf

Op 23 Junie 1939 sterf ds. Louis Ernst Brandt op 65-jarige ouderdom in Johannesburg. Brandt, ’n gebore Nederlander, het gedurende die Anglo-Boereoorlog, terwyl hy nog in Nederland gewoon het, geheime korrespondensie van Johanna van Warmelo ontvang en aan die verbanne president van die ZAR, Paul Kruger, en sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, besorg. Brandt en […]

28 April 1805 – Hugenotekerk ingewy

Op 28 April 1805 – vandag 215 jaar gelede – is die sogenaamde Strooidakkerk oftewel die Hugenote-kerk, die tuiste van die derde oudste gemeente van die NG Kerk, in die Paarl ingewy. Die oorspronklike kerkgebou op dié terrein is in 1718 opgerig, maar was klein en swak gebou en daarom teen die einde van die […]