Category Archives: Historiese foto’s

Historiese foto – Krygsgevangenes op Ceylon

’n Groep lidmate van die Gereformeerde Kerk wat as krygsgevangenes op Ceylon aangehou is in 1900. Volgens die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke is meer as 5 100 Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog na Ceylon (vandag bekend as Sri Lanka) gestuur. Die eerste krygsgevangenes het in Augustus 1900 – vandeesmaand 120 jaar gelede – op Ceylon aangekom. […]

Historiese foto – Penkoppe op Bermuda

’n Groep penkoppe wat gedurende die Anglo-Boereoorlog gevange geneem is en op Bermuda krygsgevangene gehou is. In 1901 het die luitenant-goewerneur van dié eilandgroep ingestem dat krygsgevangenekampe op Hawkins-, Hinson-, Morgan-, Darrells, Tuckers-, Burts-, Port- en St. George-eilande opgerig word. Die eerste groep van 4 619 krygsgevangenes het in Junie 1901 aan boord die “SS […]

Historiese foto – Nasionale Vrouemonument

Die vrouebeeldegroep aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Dit is die toneel wat Emily Hobhouse by die Springfontein-konsentrasiekamp gesien het waar ’n vrou met ’n sterwende kind op haar skoot gesit het en niks kon doen om die kind se lewe te red nie. Die beeldhouer Anton van Wouw het bykans twee […]

Historiese foto – Genl. C.F. Beyers

Genl. C.F. Beyers het as jong en onbekende assistentveldkornet van Boksburg by die krygsraad wat in Junie 1900 by Vandermerwe-stasie gehou is, sy stem laat hoor teen sommige offisiere se lafhartigheid. Lees meer oor Beyers en die gebeure wat in Junie 1900 in Pretoria afgespeel het in Andries Breytenbach se nuwe boek Donkerhoek, 11-12 Junie […]

Historiese foto – Pretoria Kerkplein in die 1860’s

Vandag is daar wel nie meer ’n kerk op Kerkplein in Pretoria nie, maar dit was nie altyd so gewees nie. Dié foto’s en skets uit Pretoria se eeufeesalbum wat in 1952 deur die Pretoriase stadsraad uitgegee is, toon (regs bo en onder) die kerk op Kerkplein soos dit in die 1860’s tydens die dienstyd […]