Category Archives: Unie van Suid-Afrika

15 Julie 1916 – Slag van Delvillebos in die Eerste Wêreldoorlog

Vandag 104 jaar gelede, op 15 Julie 1916, begin die bloedige Slag van Delvillebos in die Eerste Wêreldoorlog waartydens die Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade onder leiding van genl.maj. H.T. Lukin geveg het. Die brigade het opdrag ontvang om die bos buite die Franse dorpie Longueal in te neem. Die dorp is sowat 150 km noord van Parys […]

3 Mei 1921 – Unie van SA onderneem 2de sensus

Op 3 Mei 1921 is die Unie van Suid-Afrika se tweede sensus onderneem. Volgens Statistiek Suid-Afrika is sensusse in die Unie (waartydens alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika ingesluit is) in 1911, 1921, 1936, 1946 en 1951 gehou. Teen 1911 was die totale Suid-Afrikaanse bevolking op 5,972 miljoen gereken. ’n Dekade later (1921) het die bevolking met […]

10 Maart 1922 – Rand mynstaking

Die nou byna vergete 1922-mynstaking aan die Rand het in Januarie 1922 uitgebreek, maar op 10 Maart 1922 krisisafmetings aangeneem toe nagenoeg 10 000 wit mynwerkers verskeie polisiekantore, spoorlyne en myngeboue in en om Johannesburg aangeval het. Hermann Giliomee beskryf dit as “’n kleinskaalse burgeroorlog in een van die rykste stede ter wêreld”. Krygswet is […]