Category Archives: Vandag in die verlede

27 Augustus 1818 – Cradock in die Oos-Kaap gestig

  Een van Cradock se bekendste besienswaardighede is die Schreiner Huis-museum waar Olive Schreiner die skrywer van die boek The Story of an African Farm, as jong meisie gewoon het.   Die huis is een van die oudste wonings wat nog in Cradock staan en bevat onder andere Schreiner se persoonlike boekversameling.

26 Augustus 1925 – Johann Rissik oorlede

Johann Rissik was die eerste administrateur van Transvaal nadat die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het, en hy was verantwoordelik vir die uitleg van Johannesburg en Benoni.   Hy het in 1917 afgetree en is in 26 Augustus 1925 oorlede.

25 Augustus 1840 – Skrywer van eerste SA kookboek is gebore

Elizabeth Jane Dijkman, skrywer van die eerste Suid-Afrikaanse kookboek is gebore. Haar kookboek, Di Suid-Afrikaanse kook, koek- en resepteboek, wat in 1891 deur die drukkers van Die Afrikaanse Patriot gepubliseer is, het binne twee jaar drie uitgawes en uiteindelik altesame 18 uitgawes beleef.