Category Archives: Voortrekkers

Die Groot Trek – soos uit die Kaap gesien

Ilze Nieuwoudt Die Groot Trek, oftewel die emigrasie van duisende Kapenaars van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms na ’n relatief onbekende en ongetemde binneland van suidelike Afrika gedurende die 1830’s, fassineer Suid-Afrikaners al generasies lank. Die Trek, die lewe van verskeie bekende rolspelers sowel as die aflegging van die Gelofte en die daaropvolgende gebeure by […]

27 Januarie 1797 – Anna Steenkamp op Franschhoek gebore

Op 27 Januarie 1797 word Anna Steenkamp (niggie van Piet Retief) op Franschhoek gebore. Anna se wedervaringe tydens die Groot Trek is in 1937 gepubliseer en gee ’n beskrywing van die uitdagings wat sy op die trek beleef het. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, verwys dikwels na Steenkamp se visie om te […]

23 Desember 1838 – Andries Pretorius skryf aan Jacobus Boshoff

Op 23 Desember 1838 skryf Andries Pretorius ’n brief aan Jacobus Boshof van Graaff-Reinet. Daarin vertel hy van die Voortrekkers se oorwinning by Bloedrivier en hul inname van uMgungundlovu. Dié brief verskyn op 16 Februarie 1839 in De Zuid-Afrikaan. (Illustrasie: ’n Kunstenaarsvoorstelling van Dingane se kraal. Bron: Afrikaanse kultuuralmanak)

21 Desember 1838 – Andries Pretorius bereik kwaMatiwane

Op 21 Desember 1838, vier dae ná die Slag van Bloedrivier, bereik Andries Pretorius en sy Wenkommando kwaMatiwane by uMgungundlovu (hoofstat van die Zoeloes). Hulle het die vorige dag reeds rookwolke bo die stat sien hang nadat die Zoeloes dit aan die brand gesteek het voordat hulle gevlug het. Op die 22ste klim Pretorius-hulle kwaMatiwane […]

19 Desember 1792 – Voortrekkerleier Andries Potgieter gebore

Die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter is vandag 228 jaar gelede, op 19 Desember 1792, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het die Kaapkolonie met ’n trekgeselskap, wat oorspronklik hoofsaaklik uit familielede bestaan het, teen die einde van 1835 verlaat. Hulle het die Sandrivier teen die middel van 1836 bereik en daarvandaan tot by die Soutpansberg getrek […]