KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Category Archives: Afrikaans: Ons wonderlike taal!

Daniel Hugo tree op by Tuin van Digters 2018

Die woordmeester en digter Daniel Hugo is reeds nagenoeg 40 jaar deel van die Afrikaanse literêre wêreld. Sy stem het jare lank radioluisteraars bekoor, terwyl sy gedigte en vertalings van Nederlandse digkuns diep in die harte van liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kom lê het. In sy Kraal Uitgewers-publikasie Vers & Kapittel wat in Mei […]

Woord van die week – 31 Julie 2018 

skaai ww. het geskaai. (geselstaal) Ook, geselstaal en verouderd, skai. (<Nederlands “scaden” wat beteken skade berokken). Steel of gaps: “’n Mens vergeet net weer jou reënjas by die skool, en dan skaai Simontjie Kapot dit as hy skool skoonmaak” (uit A. Blignault in Sarie, 24 April 1968, bl. 35). “Ons steel vrugte by die buurman […]

Woord van die week – 24 Julie 2018

skedonk s.nw., skedonke; skedonkie. (geselstaal) Afgeleefde of gehawende voertuig, dikwels ’n ou motor, wat nie goed werk of betroubaar is nie: “Freek se skedonk brul voort. Dis net wanneer Gustav hom met ’n draai misgis dat die masjien onseker hoes.” (uit B.P.J. Erasmus, Nege Kerse, 2006, bl. 353). “Maak voor die fietstoer seker jou fiets is […]

Woord van die week – 17 Julie 2018

  kapot b.nw., kapotter, kapotste. (<Frans) Onbruikbaar as gevolg van oudheid of langdurige gebruik, verslete of stukkend: My tikmasjien, pen, grassnyer is al kapot. Hy ry nog altyd met sy kapot ou kar rond. Aan die einde van jou kragte, baie moeg, uitgeput: Kapot wees na ‘n lang reis, ‘n moeilike dag op kantoor, ‘n […]

Woord van die week – 29 Maart 2018

penswinkel s.nw., penswinkels; penswinkeltjie (dikwels as verkleinwoord). (geselstaal; skertsend) Skinkbord of plat bak waarin koopware rondgedra kan word en wat met ’n band om die nek of oor die skouer van ’n verkoper pas sodat die skinkbord of bak op die maag rus. “Die venter met ’n penswinkel met allerlei rookgoed en versnaperinge het ’n […]