Category Archives: Afrikaans: Ons wonderlike taal!

Woord van die week – 16 Desember 2017

tjaila (ww.) Ophou met werk, veral aan die einde van die dag. Uit Xhosa -tshayile of Zulu -shayile, albei met die bet. “slaan op ’n voorwerp sodat ’n geluid gehoor word”. Wanneer daar hard op bv. ’n ploegskaar geslaan word, word hierdie werkwoord gebruik om aan te dui dat die werkdag begin of ophou. In […]

Woord van die week – 14 November 2017

pypkan  ww., het gepypkan.   (t.o.v. rugby en verskeie ander balsporte) ’n Teenstander flous deur te systap of in ’n ander rigting te swenk as wat voorgegee is, of deur ’n fopaangee te gee. “Die losskakel het drie, vier man mooi gepypkan en na Uys laat loop wat soos ‘n vlakhaas oopgelê het doellyn toe” (uit Volksblad, […]

Woord van die week – 24 Oktober 2017

skavuit s.nw., skavuite. (verouderd) (‹Ndl. schavuit) Betekenis: Skurk, skelm of skobbejak “Meester Poulle onderbreek by tye die gesprek met heftige uitroepe, soos ‘die skavuite!’, ‘sedisieuse opruiery!’ (A.J.B. de Klerk uit Weg, s.j., bl. 25). “Cassandra se vriende is ’n kleurvolle multikulturele groep. Onnodig om te sê dat die vieslike skavuite nie bestand is teen Cassandra […]

Woord van die week – 18 Oktober 2017

kokhals, ww., gekokhals; byv. kokhalsend, kokhalsende Braakbewegings maak, of sukkel om te vomeer: “Soms word die bopunt van die maag gesluit, en dan vind vomeerbewegings plaas sonder dat iets opgebring word; dit word kokhals genoem en gaan altyd met mislikheid gepaard” (in M. Fishbein se Dokter, 1962, bl. 288). Ook selfstandig gebruik: “Nog ’n skots, […]