Genl. Piet Cronjé se oorgawe met nagenoeg 4 000 man by Paardeberg in Februarie 1900 het ’n groot uitwerking op die verhouding tussen die twee Boererepublieke gehad. Bron: Bondgenote en dwarstrekkers Deur Ilze Nieuwoudt Veg of vrede? Voortveg of oorgawe? Bondgenote of dwarstrekkers? Die verhaal van die Anglo-Boereoorlog is nie so duidelik omlyn soos wat […]
Category Archives: Geskiedenisartikels
Die Beleg van Makapansgrot 165 jaar gelede word vandeesweek gedenk. Dié beleg het op 25 Oktober 1854 begin en sowat ’n maand geduur. Tydens hierdie voorval is duisende Kekana-mense in die grotte buite die huidige Mokopane deur nagenoeg 450 Voortrekkers onder leiding van Piet Potgieter en M.W. Pretorius onder beleg gehou. Dit het gevolg op […]
Deur Ilze Nieuwoudt Die Slag van Vegkop is in die geskiedenisboeke van die Afrikaner opgeteken as ’n dag van wonderbaarlike redding. Op 16 Oktober 1836 kon die Voortrekkergeselskap van Andries Hendrik Potgieter daarin slaag om met slegs veertig weerbare mans (onder wie sewe seuns) ’n gewelddadige aanval deur tussen 4 000 en 6 000 van […]
Deur Ilze Nieuwoudt Daar word dikwels skertsend na Australië se verlede as bandietekolonie verwys en neerhalend gepraat van die “misdadigers” wat stamvaders van duisende Aussies is. Tog het Australië se geskiedenis eens – in 1850 – paaie met die Kaapkolonie van ouds gekruis en byna ook Suid-Afrika se geskiedenis verander. Ilze Nieuwoudt het gaan ondersoek […]
Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en […]