Category Archives: Geskiedenisartikels

Weeskinders van die ABO

’n Kinderhuis vir weeskinders van die Anglo-Boereoorlog op Middelburg. (Foto afkomstig uit die poskaartversameling van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika)

’n Kinderhuis vir weeskinders van die Anglo-Boereoorlog op Middelburg. (Foto afkomstig uit die poskaartversameling van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika) deur Ilze Nieuwoudt Die Anglo-Boereoorlog se nadraai het vir generasies ’n bittere letsel op die Afrikaner gelaat. Families is uitmekaar geskeur, plase is vernietig en talle moes in die stede ’n nuwe heenkome gaan vind. […]

Spioenvrou met murg in haar pype

Deur Ilze Nieuwoudt Danksy Hollywood, James Bond-verhale en ’n magdom spanningsvolle spioenasieverhale waarmee die mens gebombardeer word, is die begrip “spioen” ’n mistieke en benydenswaardige gedagte. Tog is die realiteit van spioenasie dikwels nie so glansryk nie. Wie sou kon raai dat ’n Boerevrou in haar vroeë 20’s, en haar ma as lede van ’n […]

Churchill en die “magtige Apies”

Deur Ilze Nieuwoudt Die ontsnappingsverhaal van die oorlogskorrespondent en latere Britse premier, Winston Churchill, bevat al die romantiek en aksie van ’n moderne Hollywood-rolprent. In die afgelope bykans 120 jaar sedert Churchill se aanhouding in die Staatsmodelskool in Pretoria gedurende die Anglo-Boereoorlog is dié verhaal vertel, oorvertel en aangedik. Die ontsnapping wat volgens die legendes […]

Retief-manifes

“Ons verlaat nou die vrugbare land van ons geboorte” Deur Ilze Nieuwoudt Dit is ’n welbekende feit dat die migrasie van blanke boere sedert die vroeë 1800’s uit die Kaapkolonie nie een, gekoördineerde, impulsiewe poging was nie. Die mense wat later as die Voortrekkers bekendgestaan het, het in groepies, oftewel trekgeselskappe, koers noorde toe gekies. […]

Herontdek Van Riebeeck se skatkis

In die nuwe publikasie Vat jou goed en bou! skryf die uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, oor ’n geheimsinnige kissie wat Jan van Riebeeck in 1652 kort ná sy koms na die Kaap oopgemaak het. Die inhoud van die kissie is waarskynlik nie wat Van Riebeeck verwag het nie. Buys skryf: “Dit […]