Category Archives: Geskiedenisartikels

Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 7 : 21 SEPTEMBER Die oorloë en slagvelde van die verlede vertel van ons voorouers se opofferings, moed en durf. Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde. Drie vurige feite oor ons oorloë en veldslae Die bekende Long Tom-kanonne wat deur die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gebruik […]

Gaan grawe in die gryse verlede en (her)ontdek ons ryke geskiedenis

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 4 : 18SEPTEMBER Gaan grawe in die gryse verlede en (her)ontdek ons ryke geskiedenis. Drie feite oor … Jan van Riebeeck en ons (vroegste) geskiedenis • Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 met die skepe Drommedaris en Goede Hoop anker gegooi in Tafelbaai. Die derde skip, Reijger, het […]

ʼn Laken, tennistekkies en die ontsnapping

ʼn Laken, tennistekkies en die ontsnapping Daar is iets omtrent persone wat uitsonderlike waagmoed aan die dag lê, wat die mens nog altyd verstom kon laat. Indien hierdie waagmoed vermeng word met ʼn sterk strewe na vryheid, is die kombinasie dít waarvan legendes gemaak word. Die verhaal van Johnny de Villiers is egter nie ʼn […]

Vyf moet-sien historiese plekke in Suid-Afrika

In elke land is daar die moet-sien plekke wat toeriste op hulle lysies sit vir wanneer hulle ’n land besoek. In Frankryk is dit sekerlik die Eiffel-toring en die Louvre-kunsmuseum en in Engeland dalk Big Ben en Buckingham-paleis. So moet jy eenvoudig ook minstens een Holocaust-museum in Europa besoek en een piramide in Egipte om […]

Jopie Fourie: Rebelle-held se afskeidsbrief ure voor sy dood

Jopie Fourie word as een van die bekendste Afrikanermartelaars beskou. Sekerlik die bekendste Rebellie-held, Jopie Fourie, se verhaal is vandag, meer as 100 jaar later, steeds net so skokkend as wat dit vir mense in Desember 1914 was. Sy dood voor ’n vuurpeleton om 05:00 op Sondag 20 Desember het geweldige ontsteltenis onder Afrikaners veroorsaak. […]