Category Archives: Geskiedenisblad

Dagboek van die Eerste Vryheidsoorlog 3: 1878 – Joubert, Bok en Kruger

Op 10 Julie 1878 (meer as ’n jaar nadat die ZAR deur Brittanje geannekseer is) lê die Boereleiers – Piet Joubert, Willem Bok en Paul Kruger – ’n versoekskrif aan die Britse minister van kolonies, lord Carnavon, voor. Die versoekskrif is onderteken deur nagenoeg 6 600 burgers en smeek vir die herstel van die ZAR […]

Dagboek van die Eerste Vryheidsoorlog 2: 1877 – Kruger en Jorissen

In Mei 1877, kort nadat Brittanje die ZAR geannekseer het, vertrek Paul Kruger en dr. E.J.P. Jorissen (voor die anneksasie staatsprokureur van die Republiek) na Engeland om met die Britse minister van kolonies, lord Carnavon, te vergader. Hulle versoek onder meer ’n volkstemming waarin burgers vir of teen die anneksasie kan stem. Dit word afgekeur. […]

Dagboek van die Eerste Vryheidsoorlog 1: 1877 – Pretoria

’n Illustrasie van Pretoria, die hoofstad van die ZAR, wat in die 7 Maart 1877-uitgawe van die Illustrated London News verskyn het. Dié Boererepubliek is skaars ’n maand later, op 12 April, deur Brittanje geannekseer. Die Boere se verset teen die anneksasie het uiteindelik tot die Eerste Vryheidsoorlog in 1880-1881 gelei. Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 […]

Daniel Hugo tree op by Tuin van Digters 2018

Die woordmeester en digter Daniel Hugo is reeds nagenoeg 40 jaar deel van die Afrikaanse literêre wêreld. Sy stem het jare lank radioluisteraars bekoor, terwyl sy gedigte en vertalings van Nederlandse digkuns diep in die harte van liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kom lê het. In sy Kraal Uitgewers-publikasie Vers & Kapittel wat in Mei […]

Woord van die week – 31 Julie 2018 

skaai ww. het geskaai. (geselstaal) Ook, geselstaal en verouderd, skai. (<Nederlands “scaden” wat beteken skade berokken). Steel of gaps: “’n Mens vergeet net weer jou reënjas by die skool, en dan skaai Simontjie Kapot dit as hy skool skoonmaak” (uit A. Blignault in Sarie, 24 April 1968, bl. 35). “Ons steel vrugte by die buurman […]