Category Archives: Geskiedenisblad

Die grootste mynongeluk in SA-geskiedenis

Deur Ilze Nieuwoudt 21 Januarie 1960. Die dag waarop Coalbrook, ʼn myndorpie net buite Sasolburg, oombliklik wêreldbekend geword het. Die dag waarop Suid-Afrika se grootste mynongeluk ooit die lewens van 435 mynwerkers geëis het. Solidariteit onthou dié dag 49 jaar gelede. . . Die destydse Clydesdale Transvaal Collieries het uit drie myne bestaan, naamlik Coalbrook-Noord, […]

Woord van die week – 28 Maart 2017

karmenaadjie s.nw. Stukkie vleis wat spesiaal uitgesoek word om op die rooster of kole te braai. Stukkie vleis, gewoonlik met wors en spek daarby, wat iemand wat bees of vark geslag het aan sy bure of vriende stuur. Uit Ndl. karmenaadje, geselstaalvorm van karbonade (1573), uit Frans carbonnade “vleis wat oor kole gebraai is”. Elke […]

Woord van die week – 27 Maart 2017

pilaarbyter s.nw., pilaarbyters; pilaarbytertjie. (geselstaal; skertsend) Huigelaar: Ek is nie een van die ou preutse pilaarbyters wat sommerso sal kom sanik oor wat behoorlik en wat nie behoorlik is nie (W.A. de Klerk: La Roche, s.j., 48). opligter s.nw., opligters. Bedrieër: Bonnot, die berugte opligter en rower, is  doodgeskiet in die huis waarin hij en […]

Woord van die week – 14 Maart 2017

kief b.nw. (sleng, veral skooltaal) Goed, aangenaam, lekker, of wonderlik, fantasties. Uit S.A.Eng. kif uit Eng. sleng van die boewewêreld kif, kef ‘dagga’ uit Eng. (in Marokko en Algerië) kief, keef ‘dagga of enigiets anders wat gerook word om ‘n toestand van euforie te bewerkstellig’ uit Arabies kaif (streektaal kef) ‘toestand van ‘n goeie humeur […]