Category Archives: Geskiedenisblad

Woord van die week – 17 Julie 2018

  kapot b.nw., kapotter, kapotste. (<Frans) Onbruikbaar as gevolg van oudheid of langdurige gebruik, verslete of stukkend: My tikmasjien, pen, grassnyer is al kapot. Hy ry nog altyd met sy kapot ou kar rond. Aan die einde van jou kragte, baie moeg, uitgeput: Kapot wees na ‘n lang reis, ‘n moeilike dag op kantoor, ‘n […]

Familiegeskiedenis: Vergeet om te vergeet, onthou om te onthou

deur Ilze Nieuwoudt “Ouma het altyd vertel …” Hoeveel keer het ’n verhaal uit die familie se verlede nie al so begin nie? En tog, al het jy dié staaltjie al male sonder tal gehoor én vertel, loop die feite soms by die agterdeur uit wanneer die jare by die voordeur aanklop. Gesinne, families, vriende […]

Madge: Een familie se kleurvolle verhaal

deur Ilze Nieuwoudt  Die verhaal van ’n dogtertjie, Maria Magdalena (oftewel Madge), wat in 1900 op ’n Karoo-plaas buite De Rust gebore is en saam met haar ouers en vyf susters grootgeword het, is vir die Wilson-familie meer as net ’n eenvoudige kinderboek. Madge is geskryf en geïllustreer deur Madge se dogter, Anne Wilson, en […]

Die geveg by Wildfontein, die Britte en die dowe “Eenarm” Van Gass

Die dowe Boerekryger N.W. van Gass is ná die geveg by Wildfontein (24 Maart 1901) tydens die Anglo-Boereoorlog in die Wes-Transvaal gevange geneem. Hy is daarvan aangekla dat hy ná die geveg aanhou skiet het. Hy is deur die Britse krygshof onskuldig bevind op dié aanklag omdat hy nie kon hoor dat die geveg verby […]

Woord van die week – 29 Maart 2018

penswinkel s.nw., penswinkels; penswinkeltjie (dikwels as verkleinwoord). (geselstaal; skertsend) Skinkbord of plat bak waarin koopware rondgedra kan word en wat met ’n band om die nek of oor die skouer van ’n verkoper pas sodat die skinkbord of bak op die maag rus. “Die venter met ’n penswinkel met allerlei rookgoed en versnaperinge het ’n […]