Category Archives: Vandag in die verlede

26 Oktober

1657: Die eerste pynappels word in Suid-Afrika aangeplant. 1747: Die dorpie Swellendam word gestig. 1860: Die Suid-Afrikaanse weerdiens word ingestel. 1629: Maria de la Queillerie (latere eggenote van Jan van Riebeeck) is op dié dag gebore. Sy het op 22-jarige ouderdom saam met Van Riebeeck in die Kaap aangeland. 1909: Die bekende toneelspeler, omroeper en […]

25 Oktober

1838: Die Voortrekkerleier, Louis Tregardt, sterf in Lourenço Marques aan malaria. Hy was 55. 1900: Die Transvaalse goudvelde word deur Brittanje geannekseer. 1854: Nadat altesaam 23 mans, vroue en kinders wreedaardig deur lede van Makapan in die Waterberg-distrik aangeval en vermoor is, word ʼn teenaanval van stapel gestuur. Dit staan later as die beleg van […]

24 Oktober

1837: Onder leiding van die laerkommandant Abraham Greijling, stiefseun van Piet Retief, trek Greijling en ʼn groepie mans uit die Retieflaer om ʼn veilige pad deur die Drakensberge te soek. 1901: Die Slag van Kleinfontein, naby die huidige Groot-Marico, vind gedurende die Anglo-Boereoorlog plaas. Nagenoeg 30 Britse soldate het in dié geveg omgekom met nog […]