Category Archives: Vandag in die verlede

18 Junie 1970 – N.P. Van Wyk Louw sterf

Op 18 Junie 1970 sterf die Afrikaanse digter en dramaturg N.P. Van Wyk Louw in die ouderdom van 64 jaar in Johannesburg. In D.J. Opperman se “Senior verseboek” word Van Wyk Louw soos volg beskryf: “As digter is Van Wyk Louw veral die soeker – nie die soeker om die vreugde van die soektog nie, […]

17 Junie 1901 – Lloyd George veroordeel konsentrasiekampbeleid

Op 17 Junie 1901 veroordeel die opposisie-leier in die Britse parlement, Lloyd George, die konsentrasiekampbeleid wat in die Anglo-Boereoorlog toegepas word. Dit volg ’n jaar nadat lord Roberts se proklamasie die verskroeideaardebeleid ’n werklikheid geword het vir vroue en kinders van die ZAR en Vrystaat. In sy toespraak verklaar George onder meer dat hoewel besprekings […]

16 Junie 1900 – lord Roberts se verskroeideaardebeleid geïmplementeer

Op 16 Junie 1900 word die verskroeideaardebeleid met lord Roberts se proklamasie geïmplementeer. Hierin voer Roberts onder meer aan dat Boere woonagtig in die omgewings waar enige skade wat aan treinbrûe, spoorlyne en telegraaflyne aangebring word, verantwoordelik gehou sal word. Hy skryf in die proklamasie: “The houses in the vicinity of the place where the […]

15 Junie 1881 – Doofstom- en Blinde-Instituut skool begin

Op 15 Junie 1881 het die Doofstom- en Blinde-Instituut vir blinde en dowe leerders sy skool in ’n gehuurde kamer in Hoogstraat, Worcester, begin. Teen 1905 is die onderrig van dowes en blindes geskei. Die Skool vir Blindes se naam is in 1981 verander na Pionierskool en bied vandag steeds opleiding aan blinde, swaksiende, doofblinde […]

14 Junie 1897 – Joodse diamantmagnaat Barney Barnato pleeg selfmoord

Op 14 Junie 1897 pleeg die Joodse diamantmagnaat Barney Barnato selfmoord toe hy naby Madeira oorboord spring van die “Scot”. Barnato en sy gesin was vanaf Kaapstad onderweg na Southampton. Hy was 44 jaar oud. Barnato is gebore as Barnett Isaacs, maar het sy naam verander terwyl hy as komediant gewerk het. Hy het in […]