Category Archives: Woord van die week

Woord van die week – 24 Februarie 2020

skrikkeljaar s.nw. Jaar met 366 dae; elke vierde jaar wat met een dag verleng word om die kalenderjaar so gelyk as moontlik aan die astronomiese jaar te hou. Uit Ndl. schrikkeljaar (Mnl. scrickeljaer), ‘n samestelling van schrikke(le)n (1672) “oorslaan” en jaar (Mnl. jaer). (Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, […]

Woord van die week – 10 Februarie 2020

1. Enigeen van ‘n groep submikroskopiese organismes wat siektes veroorsaak. 2. Iets wat die gees vernietig. 3. (rekenaarwetenskap) Geheime kode wat rekenaarstelsels korrupteer en data vernietig. Eng. virus uit Latyn virus “slym, gif, vuilis”. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)

Woord van die week – 3 Februarie 2020

kriskras 1 tw. Weergawe van ’n afwisselend fyner en growwer geluid, soos dié wat gehoor word wanneer skerppuntige voorwerpe oor ’n oppervlak beweeg word. 2 bw. In alle rigtings 3 s.nw. Beweging, patroon, ens. wat kriskras verloop 4 b.nw., ww. Wat in alle rigtings beweeg of aanwesig is, verskyn of laat verskyn (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans […]