Category Archives: Historiese foto’s

Historiese foto – 1915-vroueoptog na die Uniegebou in Pretoria

Die 1915-vroueoptog na die Uniegebou in Pretoria. Vroueverteenwoordigers het van oral in die land na Pretoria gestroom vir dié optog waarin versoekskrifte aan die regering oorhandig is vir die vrylating van generaal Christiaan de Wet en ander Rebelle wat aan die Rebellie van 1914-1915 deelgeneem het. Hieroor word in Kraal Uitgewers se publikasie Die Afrikanerrebellie, […]

Historiese foto – Krysgevanges op St. Helena

Jong krygsgevangenes in die Deadwood-kamp op St. Helena met ’n miniatuur kanon en ammunisiewaentjie wat uit hout verwaardig is deur die gevangenes. (Bron: Het Geheugen)

Historiese foto – OVS Presidente

Die presidente van die Oranje-Vrystaat – J.P. Hoffmann, J.N. Boshof, M.W. Pretorius, J.H. Brand, F.W. Reitz en M.T. Steyn. Wie was jou gunsteling en hoekom? Kom gesels saam op die Kraal Uitgewers Facebook Blad by https://www.facebook.com/KraalUitgewers/   (Fotobron: Het Geheugen, Zuid-Afrikahuis)