Category Archives: Digkuns

19 September 1933 – Afrikaanse digter Ingrid Jonker gebore

Die Afrikaanse digter Ingrid Jonker is vandag 87 jaar gelede, op 19 September 1933 gebore. Die taalhistorikus Jaap Steyn skryf soos volg oor dié geliefde digter in sy werk “Ons gaan ’n taal maak”: “Ingrid was die dogter van Abraham Jonker en Beatrice Cilliers … Wat Ingrid Jonker bekend gemaak het, was nie slegs ’n […]

18 Junie 1970 – N.P. Van Wyk Louw sterf

Op 18 Junie 1970 sterf die Afrikaanse digter en dramaturg N.P. Van Wyk Louw in die ouderdom van 64 jaar in Johannesburg. In D.J. Opperman se “Senior verseboek” word Van Wyk Louw soos volg beskryf: “As digter is Van Wyk Louw veral die soeker – nie die soeker om die vreugde van die soektog nie, […]

1 Junie 1940 – Afrikaanse digter Jan F.E. Celliers sterf

Op 1 Junie 1940 – vandag 80 jaar gelede – sterf die Afrikaanse digter Jan F.E. Celliers in die ouderdom van 75 jaar. Jan Francois Elias Celliers is op 12 Januarie 1865 op ’n plaas buite Wellington gebore. Hy was ’n geliefde Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is in 1894 as die staatsbibliotekaris in […]

24 April 1980 – Digter W.E.G. Louw sterf

Vandag 40 jaar gelede, op 24 April 1980, sterf die Afrikaanse digter W.E.G. Louw (67) op sy kleinhoewe “Sondraai” buite Stellenbosch. W.E.G. was die jongste van vier broers – sy bekende skrywersbroer, N.P. van Wyk, was sewe jaar ouer. Die Louw-seuns is op Sutherland gebore, maar toe W.E.G. sewe jaar oud was, het die gesin […]

26 Februarie 1915 – Digter Elisabeth Eybers gebore

Die geliefde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers is vandag 105 jaar gelede, op 26 Februarie 1915, in Klerksdorp gebore, maar het op Schweizer-Reneke grootgeword. Sy het ná skool aan die Normaalkollege en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg studeer en behaal in 1936 haar honneursgraad in Afrikaans waarna sy as joernalis werksaam was. In 1943 […]