Category Archives: Volksbesit

Onthou jy nog? Wielie walie “tjoef-tjaf” ’n treffer

Die eenvoudige kinderliedjie oor ’n apie op ’n vaatjie wat “tjoef-tjaf” afval, het oorspronklik in 1957 as ’n kleuterversie in D.J. Opperman se gewilde Kleuterverseboek verskyn. Die immergewildheid van dié versie is egter te danke aan die kinderprogram Wielie Walie wat sedert die begin van televisie in Suid-Afrika reeds in die woonkamers van Suid-Afrikaners nesgeskrop […]

26 Julie 1915 – De Burger verskyn vir die eerste keer

Nasionale Pers se eerste Afrikaanse koerant – “De Burger” – verskyn vandag 106 jaar gelede, op Maandag 26 Julie 1915, die eerste keer op Kaapstad se strate. ’n Predikant van Graaff-Reinet, dr. D.F. Malan, is as die koerant se eerste redakteur aangestel. Hy was aan die stuur van sake tot met sy uittrede in 1924. […]

“Hansie Slim” – die mannetjie wat die wye wêreld ingevaar het

Titel: “Hansie Slim” Woorde: A.D.E. Gutsche (vers 1), P. McLachlan (vers 2) Wysie: Volkswysie, verwerk deur Chris Lampbrecht Wie sou ooit kon raai dat die einste klein Hansie van wie derduisende Afrikaanse kindertjies so gretig sing in “Hansie Slim”, werklik die “wye wêreld” ingegaan het? Ten spyte van ’n sere “moederhart” het dié moedige Hansie […]

14 Oktober 1888 – Digter A.D. Keet gebore

Die Afrikaanse digter A.D. Keet (broer van die Bybelvertaler B.B. Keet) is op 14 Oktober 1888, op Alice in die Oos-Kaap gebore. Sy bekendste gedig, Muskiete-jag, het hy in sy losieshuiskamer in Nederland geskryf toe ’n groot muskiet hom lastig geval het. Nadat hy die muskiet doodgemaak het, het hy na bewering die reëls van […]

30 Junie 1938 – Legendariese storieverteller Jan Spies gebore

Die legendariese storieverteller en skrywer Jan Spies is vandag 82 jaar gelede, op 30 Junie 1938, op Sekretarispan in die destydse Suidwes-Afrika gebore. Hy het sy skoolloopbaan in Suidwes voltooi, waarna hy sy studies by die Universiteit van Pretoria aangepak het. In 1974 behaal hy sy doktorsgraad in Afrikaans en ’n jaar later verskyn sy […]