Category Archives: Volksbesit

22 Junie 1901- Afrikaanse skrywer Eitemal gebore

Op 22 Junie 1901, vandag 119 jaar gelede, is die Afrikaanse skrywer Willem Jacobus du Plooy Erlank, ook bekend as Eitemal, op Wolmaransstad gebore. Hy is veral bekend as die skrywer van ’n gedig wat verwerk is tot “Lied van jong Suid-Afrika”. Gedurende sy loopbaan het Erlank as onderwyser, hoogleraar in Nederlandse letterkunde by Stellenbosch, […]

Skrywersaanhaling van die week – 8 Junie 2020

“My lewensmotto is: Moenie doodgaan voor jy dood is nie. Daarom wil ek nie ophou om dinge te doen wat vir my lekker is nie.” – Verna Barbara Robertson Vels (13 Junie 1933-21 Augustus 2014), bekende skrywer van kinder- en jeugverhale; radio- en televisiepersoonlikheid; stemkunstenaar; joernalis. Sy het ook baanbrekerswerk gedoen met die ontwikkeling en vestiging […]

6 Junie 1933 – 1ste inrybioskoop ter wêreld in die VSA geopen

Op 6 Junie 1933 word die eerste inrybioskoop ter wêreld in New Jersey in die VSA geopen. Dit sou meer as 20 jaar later eers aan Suid-Afrikaanse gehore bekendgestel word. Volens die Suid-Afrikaanse regisseur, vervaardigers en skrywer Cedric Sundstrom het dié vorm van bioskope eers in die laat 1950’s sy verskyning in Suid-Afrika gemaak. Die […]

21 Mei 1919 – Landbouweekblad vier 101ste verjaardag

Die geliefde landboutydskrif – Landbouweekblad – vier vandag sy 101ste verjaardag nadat die eerste uitgawe van die tydskrif op 21 Mei 1919 verskyn het. Die eerste uitgawe van die tydskrif was 32 bladsye dik en het oorspronklik tweeweekliks verskyn, maar vanaf Augustus 1919 is dit aangepas om weekliks te verskyn. In daardie stadium het ’n […]

20 Mei 1916 – Eerste Huisgenoot verskyn

Vandag 104 jaar gelede, op 20 Mei 1916, verskyn die eerste uitgawe van die Huisgenoot. (Die Engelse weergawe, You, het eers in 1987 sy eerste verskyning gemaak.) Die stigting van De Huisgenoot (soos wat die tydskrif oorspronklik bekendgestaan het) was hoofsaaklik om vir die Afrikaanse leser “inspirasie, inligting en ligte vermaak” te verskaf. Volgens mediakenner prof. […]