Category Archives: Algemene artikels

Befaamde Afrikaanse taalkultuurhistorikus se nuutste werk bekendgestel

Proff. Jaap Steyn en Hennie van Coller tydens die bekendstelling van Verset & opbou. Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans is die jongste boek uit die pen van Suid-Afrika se bekendste taalkultuurhistorikus, prof. J.C. (Jaap) Steyn. Dit is op Taaldag (14 Augustus) deur Kraal Uitgewers in samewerking met die Nasionale Afrikaanse […]

Groot eer vir Kraal-publikasie

Prof. Irma Eloff (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns), dr. Jackie Grobler en prof. Fransjohan Pretorius by die bekroningsgeleentheid. Grobler se boek oor Eerste Vryheidsoorlog met gesogte prys bekroon  Op 11 September 2019 is die Protea Boekhuisprys tydens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se glansryke bekroningsplegtigheid aan dr. Jackie Grobler […]

Kraal op NALN se uitgewersmuur verewig

Ilze en Alana by die muur

Ilze en Alana by die muur. Tydens hulle onlangse besoek aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, het Kraal Uitgewers se Alana Bailey (uitvoerende hoof) en Ilze Nieuwoudt (publikasiehoof) die besondere voorreg gehad om NALN se uitgewersmuur namens Kraal te teken! Op die muur kan uitgewers, skrywers, kunstenaars en ander bekende […]

Wolraad, Japie en vele meer

Die spreekwoord sê nie verniet “feit is dikwels vreemder as fiksie” nie. Die Suid-Afrikaanse verlede het dit ook al telkens bewys. Dink maar aan die heldedaad van Wolraad Woltemade en die wyse waarop hy en sy perd vreesloos die donker, woeste see ingejaag het om drenkelinge te red. Of die koppige moed van die jong […]

Wat kom ná die mislukkings van die staat?

Bedrog, korrupsie, misdaad … Suid-Afrika se oorvloedige probleme klink soos iets uit  vergesogte misdaadfiksie. Intussen staan die Afrikaner midde-in dié storm en is uiteraard nie onaangeraak deur die uitdagings van die dag nie; inteendeel, die Afrikaner staan voor ’n ernstige bestaanskrisis. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: […]