Category Archives: Bekendstellings en Boekgesprekke

Kom kuier saam en deel jou Grensoorlog-ervaring

Kraal Uitgewers nooi oudweermaglede, -polisielede en belangstellendes in die geskiedenis van die Grensoorlog uit na ʼn unieke boekgesprek saam met die skrywers Leopold Scholtz en Louis Lubbe. Die gesprek word op Donderdag 14 April vanaf 18:00 by die Kraal Uitgewers-boekwinkel in die AfriForum-gebou (geleë op die hoek van D.F. Malan- en Unielaan, Kloofsig) gehou. Louis […]

Boekbekendstelling: Gesels saam oor die Afrikaner se keuses van die verlede

Kraal Uitgewers en die Solidariteit Beweging nooi u vriendelik uit na die bekendstelling van die nuutste boek uit die pen van Leopold Scholtz Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu.Kom luister wat die kenners oor die Afrikaner se keuses van die verlede sê in die paneelgesprek met Leopold Scholtz, Flip Buys, Fransjohan Pretorius en […]

Kraal Uitgewers Boekgesprek: “Wat verklap jou geliefde se gesig?” met Marthie Maré

Kraal Uitgewers se eerste amptelike Boekgesprek is om die draai en Kraal-vriende word uitgenooi om ’n unieke Valentynsdag-skemerkelkie in die geselskap van gesigsontleder en skrywer Marthie Maré by te woon. Maré is ʼn kenner op die gebied van fisionomie, ʼn studie waarin die karaktereienskappe van die menslike gesig ontleed word. Hierdeur word onthul hoe jou […]

Boekbekendstelling: Is jy in Suid-Afrika BEGROND?

Dirk Hermann se eerste fiksiewerk, Begrond, word binnekort bekendgestel. Dié boek beloof om oud en jonk daaraan te herinner hoe diep hul wortels in Afrika geanker is.Dit vertel die verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek; van die Afrikaner se val en opstaan en speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp; in […]