Category Archives: Klankopnames

Pretoria FM Klankkoerant: Dr. Jackie Grobler gesels oor die EVO

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en […]

Uit die perd se bek – die Herdenkingsritte organiseerder vertel ons meer

Prof. André Wessels gesels met die mede-stigter en organiseerder van Herdenkingsritte, Theunis van Staden, tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se boek Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. Die gesprek het plaasgevind by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein op 23 Junie 2018, voor die afskop van hul rit.