Category Archives: Nuus en gebeure

Pretoria FM Klankkoerant: Dr. Jackie Grobler gesels oor die EVO

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en […]

Eerste Wêreldoorlog-publikasie in Afrikaans verstom

Deur Ilze Nieuwoudt Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek […]

Die volgende stop-bordspeletjie bied nou selfs méér pret 

Die volgende stop is ’n gewilde, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom. Nou kan die pret en plesier selfs langer hou! Reeks […]

Raaisels, raaisels, nóg raaisels!

Wil jy voel soos ’n kat wat melk gekry het? Ken jy Afrikaanse spreekwoorde en idiome op die punte van jou vingers? Dan het Kraal Uitgewers die wenresep vir jou! Sit hierdie vakansie terug en ontspan met Kraal Uitgewers se aktiwiteitsboek By wyse van spreke: 100 spreekwoordblokkiesraaisels. Nou kan oud en jonk, liefhebbers van blokkiesraaisels […]

Kraal Uitgewers se besigheidsure dié feesseisoen

Maak seker dat jou Kersgeskenke betyds in die Kerskouse land en plaas al jou bestellings vroegtydig dié feesseisoen. Versending via die SA postkantoor sluit 30 November 2018, 7 Desember 2018 vir versending via PostNet en 12 Desember 2018 via koerierversending. Kliënte kan ook tot op dié dag by die Kraal Uitgewers-boekwinkel in Kloofsig, Centurion kom […]