Category Archives: Nuus en gebeure

Die Eerste Vryheidsoorlog-dagboek: Die verloop van die oorlog dag vir dag

Die Eerste Vryheidsoorlog is vir talle mense dikwels net sinoniem met een veldslag – Majuba. Tog het dié oorlog, wat in reaksie op die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1877 gevolg het, soveel meer interessante fasette. Die beleërings van strategiese dorpe soos Standerton, Potchefstroom en Pretoria, én die veldslae van Bronkhorstspruit, Laingsnek, Schuinshoogte […]

NUUT: Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881

In Desember 1880, drie jaar ná die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in 1877, kom bykans 10 000 Transvaalse burgers op die plaas Paardekraal byeen. Die gewigtige besluit word geneem om die regering van dié Boererepubliek eensydig te herstel. Die Britse owerhede in Pretoria en Londen volhard steeds in hul minagting van die Boere […]

Drie van die BESTES!

Hulle sê mos: Drie maal is skeepsreg! Daarom kán jy nie ’n fout maak met Kraal Uitgewers se Drie van die BESTES-aanbieding nie. Teen slegs R450 is drie eg Afrikaanse, erg prettige en enersyds vermaaklike spreekwoordprodukte joune. Die spreekwoordblokraaiboek By wyse van spreke bied 100 blokraaisels wat jou kennis van Afrikaanse spreekwoorde sal toets én […]

Daniel Hugo tree op by Tuin van Digters 2018

Die woordmeester en digter Daniel Hugo is reeds nagenoeg 40 jaar deel van die Afrikaanse literêre wêreld. Sy stem het jare lank radioluisteraars bekoor, terwyl sy gedigte en vertalings van Nederlandse digkuns diep in die harte van liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kom lê het. In sy Kraal Uitgewers-publikasie Vers & Kapittel wat in Mei […]

Plaasmoorde – die trauma én opstaan deur slagoffers se oë

In 2014 het die joernalis en skrywer Carla van der Spuy ’n uitmergelende en gewaagde opdragwerk aangepak. Toe die uitgewer haar kontak om die verhale van tien boere en hul families wat deur plaasaanvalle geraak is, te dokumenteer, het sy nie teruggestaan vir die uitdaging nie. Met haar deernis en diepgewortelde begrip vir mense slaag […]