KRAAL UITGEWERS IS GESLUIT VIR DIE FEESSEISOEN VAN 13-12-2018 TOT 11-01-2019 Dismiss

Category Archives: Spesiale aanbiedings en kompetisies

Drie van die BESTES!

Hulle sê mos: Drie maal is skeepsreg! Daarom kán jy nie ’n fout maak met Kraal Uitgewers se Drie van die BESTES-aanbieding nie. Teen slegs R450 is drie eg Afrikaanse, erg prettige en enersyds vermaaklike spreekwoordprodukte joune. Die spreekwoordblokraaiboek By wyse van spreke bied 100 blokraaisels wat jou kennis van Afrikaanse spreekwoorde sal toets én […]

Plaasmoorde – die trauma én opstaan deur slagoffers se oë

In 2014 het die joernalis en skrywer Carla van der Spuy ’n uitmergelende en gewaagde opdragwerk aangepak. Toe die uitgewer haar kontak om die verhale van tien boere en hul families wat deur plaasaanvalle geraak is, te dokumenteer, het sy nie teruggestaan vir die uitdaging nie. Met haar deernis en diepgewortelde begrip vir mense slaag […]

Idio-bordspel: Die idiome-speletjie wat jou sal laat skaterlag

Skud jou vere reg, ruk ’n haas uit die hoed en slyp jou tande vir die stryd. Watter stryd? Die prettige, jolige bordspel Idio natuurlik! Hierdie bordspel is geskik vir die hele gesin, vriende en selfs skoolgroepe. Dit gee kleur (en pret) aan Afrikaans se mooiste en vreemdste idiome. Pak jou vernuftige tekentalent, algemene (idoom-)kennis […]

Erwe van ons vaad’re-reeks: Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie!

Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899‑1902 is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se gewilde Die erwe van ons Vaad’re-reeks. Is daar dalk titels in dié reeks wat jy voorheen misgeloop het of nog bloot kortkom? Dan is dit nou die kans om jou stel van hierdie waardevolle geskiedenisreeks aan te vul. […]

Jou Kraal-liefdesgids: So maklik soos 1-2-3

Dit is Februarie en liefde is in die lug. Daar kruip dalk nie ’n Don Juan, Romeo of Juliet in jou weg nie. Daarom maak Kraal Uitgewers hierdie jaar seker dat die liefde so maklik soos 1-2-3 loop! Sê bloot: “Ek HOU van jou!” Jy hou reeds van daardie spesiale “iemand”, gaan hou (oftewel “like”) […]