Category Archives: Spesiale aanbiedings en kompetisies

Begrond: Die verhaal van hoop (nou ook by die KKNK)

Die historiese novelle Begrond uit die pen van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het reeds oorweldigende reaksie by die publiek ontlok, met meer as 1 500 eksemplare wat reeds verkoop is. Voorlesings van dié treffende boek is onlangs op PretoriaFM en verskeie ander gemeenskapsradiostasies gehoor en nou kan KKNK-feesgangers ook by die PNA-boekestalletjie […]

Boek van die maand: Februarie 2016

Ons gaan ʼn taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare Met Internasionale Moedertaaldag wat vanjaar op 21 Februarie gevier word, is die omvattende geskiedenis van Afrikaans, Ons gaan ʼn taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare, geskryf deur die taalhistorikus, prof. J.C. Steyn, aangewys as Kraal Uitgewers se boek van die maand. In dié boek vertel Steyn […]

Boekedag 2016: Lees, lees, lieflike lees!

Boeke, boeke en nogmaals boeke – dit is wat op ieder en elk wag wat Boekedag 2016 op 20 Februarie gaan bywoon. Boekliefhebbers kan daarom solank hul vere regskud vir ’n fees van boeke, skrywers en selfs boekvoorlesings vir die kleinspan. Dié geleentheid word vanjaar vir die eerste keer op die Diamantvallei-landgoed, oos van Pretoria […]