Category Archives: Bekendstellings

KYK: Vyf onderhoude met Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner

Die Afrikaner staar ’n bestaanskrisis in die gesig, maar volgens Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, is daar ’n beskikbare én werkbare oplossing hiervoor beskikbaar. Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het in vyf kort onderhoude met Buys gesels oor enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié […]

Befaamde Afrikaanse taalkultuurhistorikus se nuutste werk bekendgestel

Proff. Jaap Steyn en Hennie van Coller tydens die bekendstelling van Verset & opbou. Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans is die jongste boek uit die pen van Suid-Afrika se bekendste taalkultuurhistorikus, prof. J.C. (Jaap) Steyn. Dit is op Taaldag (14 Augustus) deur Kraal Uitgewers in samewerking met die Nasionale Afrikaanse […]

Video: Verset & opbou boekbekendstelling

Ter herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875, het die taalhistorikus, prof. Jaap Steyn, met prof. Hennie van Coller oor belangrike Afrikaanse taalaktiviste in gesprek getree. Hier is vier video’s* van die gesprek wat deel vorm van die boekbekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutse boek Verset & […]

Boekbekendstelling – Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans

Ter herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 nooi NALN en Kraal Uitgewers u hartlik uit na die bekendstelling van die taalhistorikus J.C. Steyn se jongste boek, Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans. Prof. Hennie van Coller, navorsingsgenoot van die Universiteit van die […]

Klankopname: Bondgenote en Dwarstrekkers boekbekendstelling