Category Archives: Nuwe Produkte

Nuut op Kraal Uitgewers se boekrak: Briewe van die tandemuis

Haasbekkies word genooi om saam met Kardoemsie, die tandemuis, op ’n verbeeldingsvlug te gaan in Kraal Uitgewers se eerste kinderboek Briewe van die tandemuis (deur Michelle van der Merwe, met illustrasies deur Carina van Zyl). Briewe van die tandemuis is deel van die uitgewer se nuwe Kraal Kleinspan-reeks. Dié reeks boeke word deur plaaslike skrywers […]

Net toe die Britte dink die oorlog is verby 

Dis Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is reeds in die hande van die Britte. In die ZAR het Paul Kruger en sy regering reeds Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. […]

Slag van Donkerhoek herdenking – 120 jaar later

Kraal Uitgewers het op Vrydag 12 Junie 2020 die Donkerhoek-gedenkterrein en -begraafplaas besoek ter herdenking van die Slag van Donkerhoek wat 120 jaar terug plaasgevind het. Hierdie besoek is gelei deur Andries Breytenbach, skrywer van Kraal Uitgewers se jongste boek Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog, nou beskikbaar op voorafbestelling. Lees meer oor […]

Johann de Lange 60: ’n Huldiging

Johann de Lange 60: ’n Huldiging vereer die enigste digter van die sogenaamde Tagtigers wat met die Hertzogprys bekroon is. Dit bevat bydraes deur tien vooraanstaande Afrikaanse skrywers, akademici en letterkundiges, onder wie Daniel Hugo, Erika Terblanche, Antjie Krog, Joan Hambidge en Bernard Odendaal. Johann de Lange is ’n meesterlike skrywer wat met sy digkuns […]

breyten breytenbach: woordenaar, woordnar

Breyten Breytenbach is in 1999 en 2008 met die Hertzogprys bekroon (én het in 1984 die prys om politieke redes van die hand gewys). As deel van ’n huldigingsreeks oor Hertzogpryswenners het die bundel breyten breytenbach: woordenaar, woordnar in September 2019 – dieselfde jaar waarin dié skrywer sy 80ste verjaardag gevier het – verskyn. “In […]