Category Archives: Skrywersaanhaling van die week

Skrywersaanhaling van die week – 25 Mei 2020

Danie Marais (30 Mei 1971 – ), bekroonde Afrikaanse digter; kortverhaalskrywer; omroeper: “Om Afrikaans te praat en te skryf, is vir my om na die Johnny Cash-weergawe van myself te luister. Of dit groot kuns is, weet ek nie en die stem en die opname krap ’n bietjie, maar dis die naaste aan die intieme […]

Skrywersaanhaling van die week – 18 Mei 2020

“Deur prosa kan ons verhale vertel, en deur liedere met mond en hart uitdrukking aan ons geloof gee. Gedigte is die woordprikkel wat ons diep kan raak en ook kan troos.” Cas Vos (15 Mei 1945 – ), Afrikaanse digter, teoloog, akademikus. (Bron: LitNet, 2019-08-01)

Skrywersaanhaling van die week – 11 Mei 2020

“Ek voer nie ’n taalstryd as ek in Afrikaans skryf nie. Ek skryf in Afrikaans omdat spesifieke stukke … in Afrikaans geskryf móét word. Ek het ’n groot liefde vir my taal. Dit het ’n ryk tekstuur en baie kleurryke en verbeeldingryke idiome. Om in Engels te skryf, is nie so ’n intieme ondervinding nie. […]

Skrywersaanhaling van die week – 4 Mei 2020

Marita van der Vyver (6 Mei 1958 – ), Afrikaanse skrywer van romans, novelles, jeug- en kinderboeke. Sy woon in Frankryk, maar besoek Suid-Afrika gereeld: “Ek glo geluk word gemeet in oomblikke, nie in weke of maande nie. Daarom kan ek selfs op die saaiste, treurigste dag ’n intense oomblik van geluk belewe. Dit lê […]

Skrywersaanhaling van die week – 27 April 2020

“Die lewe vat jou waarheen jy gaan. Jy berus jou maar daarby. Jou aanpassingsvermoë en jou humor dra jou.” – Dot (Susanna Jacoba) Serfontein (30 April 1925-4 November 2016), Afrikaanse skrywer, veral van kortverhale en kontreiverhale. Sy het vroeër ook onder die skuilname S.J. Nasau en Luca Fick geskryf. Haar dogter Antjie Krog is ook […]