Category Archives: Vandag in die verlede

Historiese foto – Gezina Kruger se begrafnis

Paul Kruger, president van die ZAR, het Pretoria op 29 Mei 1900 gedurende die Anglo-Boereoorlog verlaat. Sy vrou, Gezina, se gesondheid was baie swak en sy het nie die hoofstad saam met hom verlaat nie. Sy is nagenoeg ’n jaar ná haar man se vertrek op 20 Julie 1901 in Pretoria oorlede. Sy was 70 […]

29 Mei 1900 – ZAR president en staatsekretaris verlaat Pretoria

Teen die einde van Mei 1900 het sake benard gelyk vir die ZAR.Die Anglo-Boereoorlog was reeds sedert Oktober 1899 aan die gang, maar berigte het president Paul Kruger nou bereik dat ’n sterk vyandelike mag na Pretoria in opmars was. Hy het besef dat die Britse mag se aantog en inname van die ZAR se […]

28 Mei 1881 – Daniël Francois Malherbe gebore

Op 28 Mei 1881, vandag 139 jaar gelede, is Daniël Francois Malherbe in Daljosafat, naby die Paarl, gebore. Malherbe het later bekend geword as romanskrywer, digter en dramaturg. Sy pa, P.J. Malherbe, was in 1875 een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners. D.F. se eerste letterkundige werk was die digbundel “Karroo-Blommetjies” wat […]

27 Mei 1914 – SAAWK stel Hertzogprys in

Op 27 Mei 1914 stel die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Hertzogprys in. Dit is die volgende jaar vir die eerste keer toegeken en die digter Totius ontvang dié prys vir sy digbundel “Trekkerswee”. Die Hertzogprys vir letterkunde word as die prestigeprys vir Afrikaanse skryfwerk beskou en is die grootste eer wat ’n […]

26 Mei 1971 – SA Lugmag bemanning sterf in vliegongeluk teen Duiwelspiek

Op 26 Mei 1971 sterf elf bemanningslede van die Suid-Afrikaanse Lugmag in ’n demonstrasievlug, nadat drie Hawker Siddeley 125 Mercurius-stralers teen die hang van Duiwelspiek in Kaapstad vasvlieg. Volgens ’n artikel op defenceweb.co.za was die vlug deel van oefeninge vir die tiende Republiekdagvieringe waaraan 220 vliegtuie sou deelneem. Mistige toestande was na bewering die rede […]