Dagboek van die Eerste Vryheidsoorlog 2: 1877 – Kruger en Jorissen

In Mei 1877, kort nadat Brittanje die ZAR geannekseer het, vertrek Paul Kruger en dr. E.J.P. Jorissen (voor die anneksasie staatsprokureur van die Republiek) na Engeland om met die Britse minister van kolonies, lord Carnavon, te vergader. Hulle versoek onder meer ’n volkstemming waarin burgers vir of teen die anneksasie kan stem. Dit word afgekeur. Carnavon was daarvan oortuig dat die meerderheid van Transvalers die anneksasie verwelkom het.


Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 word verwag in Desember 2018. Voorafbestellings kan hier geplaas word.

‘n Daaglikse dagboekinskrywing van die dag se gebeure gedurende die Eerste Vryheidsoorlog kan hier gelees word.