Dagboek van die Eerste Vryheidsoorlog 5: 1880 – Potch markplein

Die markplein op Potchefstroom waar die Boere in opstand teen Britse gesag gekom het. Piet Bezuidenhout van Potchefstroom is in November 1880 gedagvaar vir die betaling van uitstaande belasting. Landdros Goetz besluit op beslaglegging van Bezuidenhout se wa. Die wa sou opgeveil word om vir die skuld te vergoed. Op 11 November 1880 ry gewapende burgers Potchefstroom binne en sleep die wa wat opgeveil sou word weg. Die Boere se ontevredenheid met Britse gesag bereik nou breekpunt.


Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 word verwag in Desember 2018. Voorafbestellings kan hier geplaas word.

‘n Daaglikse dagboekinskrywing van die dag se gebeure gedurende die Eerste Vryheidsoorlog kan hier gelees word.