Daniel Hugo tree op by Tuin van Digters 2018

Die woordmeester en digter Daniel Hugo is reeds nagenoeg 40 jaar deel van die Afrikaanse literêre wêreld. Sy stem het jare lank radioluisteraars bekoor, terwyl sy gedigte en vertalings van Nederlandse digkuns diep in die harte van liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kom lê het.

In sy Kraal Uitgewers-publikasie Vers & Kapittel wat in Mei vanjaar bekendgestel is, kom die werk van beide Afrikaanse, Nederlandse en selfs enkele Engelse digters onder die vergrootglas.

Op Saterdag 15 September tree die digter Johan Myburgh in gesprek met Hugo tydens die jaarlikse Tuin van Digters wat op Wellington aangebied word.

Klik hier vir meer inligting en die volledige program.