Die Afrikaner se keuses in die kollig in nuwe boek

die-afrikaner-se-keuses-in-die-kollig-in-nuwe-boekDie Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ’n sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil vir oorlewing sou beklemtoon.

Dié kultuurgroep se stryd om oorlewing is duidelik in onder meer die vestiging van die Boererepublieke, die keuse om Afrikaans as taal te vestig, die herwinning van politieke mag in 1948 en uiteindelik die verlies van mag teen 1994. Verskeie rigtinggewende keuses wat die Afrikaner gedurende die 19de en 20ste eeu geneem het, kom in die kollig in die nuwe boek Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu (deur dr. Leopold Scholtz) wat volgende week deur Kraal Uitgewers bekendgestel word.

Kraal Uitgewers en die Solidariteit Beweging nooi die publiek vriendelik uit na die bekendstelling van dié boek. Kom luister wat die kenners oor die Afrikaner se keuses van die verlede sê in die paneelgesprek met Leopold Scholtz, Flip Buys, Fransjohan Pretorius en Barnard Beukman aan die woord en Kallie Kriel as gespreksleier.

Datum: Donderdag 14 April 2016
Plek: Erfenisstigting, Voortrekkermonument-terrein, Eeufeesweg, Groenkloof, Pretoria
Tyd: 11:30 vir 12:00
RSVP: Ilze Nieuwoudt by ilze@kraaluitgewers.co.za voor of op Dinsdag 12 April