Die Afrikaner: Van ’n klein begin tot vandag

’n Dokumentêre reeks oor die Afrikaner se komplekse, roemryke en soms bittere geskiedenis sedert die 1650’s tot vandag, soos aangebied deur die vooraanstaande historikus Hermann Giliomee, is nou beskikbaar op die DVD-stel Die Afrikaners. Die volle verhaal van die Afrikaner word in 17 boeiende episodes aangebied met topkenners oor elke era, soos Dan Sleigh, Jan C. Visagie en Lindie Koorts.

Ontdek die Afrikaner se verlede vir ’n beter begrip van die hede en hoop vir die toekoms. Koop dié reeks (met vyf DVD’s) saam met Giliomee se boek Die Laaste Afrikanerleiers vandag nog aanlyn by Kraal Uitgewers teen slegs R400. Klik hier vir meer inligting.

Die temas van elke episode is soos volg:

  • Koms van Jan van Riebeeck na die Kaap in 1652 (met Dan Sleigh)
  • Koms van die eerste slawe na die Kaap in 1658 (met Hans Heese en Willa Boezak)
  • Vryburgers van die 1800’s
  • Uitbreiding aan die Kaap
  • Groot Trek (met Jan C. Visagie en Willa Boezak)
  • Spanning tussen Boererepublieke en Brittanje bou op
  • Anglo-Boereoorlog (met Carel van der Merwe)
  • Na afloop van die Anglo-Boereoorlog (met Schalk van der Merwe en Lindie Koorts)
  • Taalstryd vir Afrikaans (met Willa Boezak)
  • Afrikaners van die 1930’s, heropbou na die oorlog, besighede word gevestig
  • Uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en Afrikanerpolitiek van die tyd
  • Nasionale Party se oorwinning van 1948 en die begin van apartheid
  • Hendrik Verwoerd, paswette en Sharpeville
  • Die Grensoorlog
  • Politieke opstande van die 1970’s tot die vrylating van Nelson Mandela in 1990
  • Die einde van die Afrikaner se politieke mag in 1994
  • Die Afrikaner vandag