Die geveg by Wildfontein, die Britte en die dowe “Eenarm” Van Gass

Generaal J.M. Babington, aanvoerder van die Britse magte by die geveg by Wildfontein waartydens die Boerekryger N.W. van Gass gevange geneem is.
Generaal J.M. Babington, aanvoerder van die Britse magte by die geveg by Wildfontein waartydens die Boerekryger N.W. van Gass gevange geneem is.

Die dowe Boerekryger N.W. van Gass is ná die geveg by Wildfontein (24 Maart 1901) tydens die Anglo-Boereoorlog in die Wes-Transvaal gevange geneem. Hy is daarvan aangekla dat hy ná die geveg aanhou skiet het. Hy is deur die Britse krygshof onskuldig bevind op dié aanklag omdat hy nie kon hoor dat die geveg verby is nie. Boonop het hy ook net een arm gehad. Van Gass was egter diep beledig en het daarop aangedring om ’n geweer te kry sodat hy die krygshof kon wys dat hy tog met net een arm kán skiet! Lees meer oor Van Gass en ander ligter oomblikke van die oorlog in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. Klik hier vir meer inligting.