Die LIG in jou (boeke)lewe

Laat die LIG vir jou aangaan en laat jou hart LIG bokspring, want beurtkrag, donker motorritte en duisternis op die kampterrein sal jou nie weer kan onderkry nie. Maak seker jy pak jou Eurolux-boekliggie in waar die lewe jou ook al mag neem. Verseker hiermee dat jy nie weer op die beste deel van jou volgende naelbyt-aksiebelaaide-moet-aanhou-lees-boek onkant betrap en in die diepste donkerte gelaat word nie. Dié boekliggie is LIG. Dit gee sowat 10 000 ure se LIG. En is boonop lig op die sak. Dit kos slegs R50 by Kraal Uitgewers. Klik hier om te bestel en hang die hele Kersboom vol boekliggies!