Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Wat is die verskil tussen “fonds” en “vonds”?
fonds (mv. fondse) s.nw.: Geld wat vir ’n bepaalde doel gereed gehou, bewaar word, bv. ’n pensioenfonds, noodfonds, ens.
vonds (mv. vondste) s.nw.: Iets wat gevind is, ’n ontdekking; iets wat uitgedink is en ’n positiewe resultaat lewer.
(HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)