Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Twee vrolike versies: vir die (wynlose) grendeltyd en vir die huidige sinustyd
Die pikkewyn (Abraham Fouché)
Die lompe, plompe pikkewyn,
die sout seewater is sy wyn:
sy kelderdeur staan altyd oop;
hy wiegel-waggel as hy loop.
O pikkewyn, o pikkewyn,
gee my ’n bietjie van jou wyn!
O pikkewyn, o pikkewyn,
Gee my ’n bietjie van jou wyn!
Probeer om dié rympie so vinnig as moontlik te sê sonder om oor jou woorde te struikel:
My liewe neef Louw,
my neus jeuk nou.
Jeuk liewe neef Louw
se neef ook nou?
(Bron: Leer speel-speel Afrikaans: ’n Kreatiewe benadering – Renee Muller)