Die Taaltrommel 12 Julie 2021: Groot getalle

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Groot getalle kan dikwels die verstand laat duisel – veral as jy nie elke dag met groot getalle of groot bedrae geld werk nie. Boonop laat die Afrikaanse en Engelse name vir dieselfde getalle ’n mens verder kopkrap. ’n Vinnige verduideliking van dr. Frikkie Lombard:

As daar nege nulle is, gebruik Afrikaans miljard. Engels: billion
Vir twaalf nulle (miljoen maal twee, of miljoen miljoen) gebruik ons biljoen. Engels: trillion
Vir agtien nulle gebruik ons triljoen. Engels: quintillion

(BRON: RSG se Die tale wat ons praat: Taaldinge uit die gewilde radioprogram)