Die Taaltrommel 12 Oktober 2020 – Volksetimologie 2

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Wat is volksetimologie?

Dit is die vervorming in die volksmond van vreemde, verouderde en onverstaanbare woorde tot woorde met ’n bekende klank – dikwels met ’n humoristiese gevolg.

Nog pittige voorbeelde van volksetimologie:

baiesukkel (Engels: bicycle)
dikstertmerrie (Engels: dictionary)
dronknes (Engels: drunkenness)
eendjiebyter (Engels: incubator)
koperkapel (Portugees: cobra de cappello)
kos-my-niks (Engels: cosmetics)
rypatrys (Engels: repatriation)

(Bron: Wikipedia: https://af.wikipedia.org/wiki/Volksetimologie)