Die Taaltrommel 13 Desember 2021: Dinamiese taal

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Taal is dinamies en nuwe woorde ontstaan gedurig. Hier is twee van die nuwe woorde in Afrikaans:

lugbraaier s.nw. (Engels: air fryer) Toestel waarin voedsel gaargemaak word m.b.v. warm lug wat teen ’n hoë spoed gesirkuleer word.

oogpoeding s.nw. Iemand wat besonder aantreklik is of iets wat esteties goed vertoon.

(BRON: afrikaans.com)