Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Ons kyk weer na ’n paar pragtige “gespierde” Afrikaanse woorde wat gebruik kan word in plaas van die woorde wat dikwels in akademiese tekste en formele kommunikasie voorkom:
kousaliteit oorsaaklikheid
kriterium maatstaf
kwaliteit gehalte
legitiem regmatig, wettig
lompsom enkelbedrag
(BRON: “Gespierde Afrikaans”, LitNet, 2021-02-25)