Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Nog ’n paar voorbeelde van woorde wat gerus met die volgende “gespierde” Afrikaanse woorde vervang kan word:
resente onlangse
retrospektief terugskouend
siteer aanhaal
stabiel bestendig
suspisie vermoede
(BRON: “Gespierde Afrikaans”, LitNet, 2021-11-15)