Die Taaltrommel 19 Julie 2021: Eendeweer

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.


Die goeie reën in die Kaap – en selfs die vloede in dele van Europa – laat ’n mens dink aan die woord “eendeweer”. Dit dui op nat weer; buierig met deurdringende reën.

Dié uitdrukking is ’n voorbeeld van metaforiese taalgebruik: “eend” word algemeen met water en nattigheid geassosieer, en dié assosiasie word in “eendeweer” geaktiveer. Dit is ’n bondige en kragtige metafoor.

(BRON: RSG se Die tale wat ons praat: Taaldinge uit die gewilde radioprogram)