Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.
Op Erfenisdag dink ons ook aan ons koserfenis en veral aan lekkernye wat graag in Suid-Afrika geniet word, soos die volgende:
beskuit; biltong; blatjang; braaibroodjies en braaivleis; kerrie en kerrievis; koeksisters (en koesisters); marog; melktert; mieliepap; rooibostee; samoesas; snoek; sorghumbier.
Daar is ook eiesoortige benamings vir sekere kos. Hier is net enkeles:
skilpadjies: lewer in netvet oor die kole gebraai
Springbokkie: alkoholiese drankie met pepermentlikeur en Amarula
stormjaers: vetkoek