Die Taaltrommel 21 Desember 2020: Kersfees

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie.

Aan die vooraand van Kersfees fokus ons op woorde wat verband hou met die Kerstyd:

Kersaand: die aand vóór Kersdag.
Oukersaand het egter ingeburger geraak (na aanleiding van Oujaarsaand) en word algemeen gebruik.
Kersdagaand is die aand van 25 Desember.

Kerstyd (Nie: Kerstyd; Kersseisoen), Kersboom, Kersparty, Kersvader, ens. word met ’n hoofletter-k geskryf omdat Kers= afgelei is van Christus.

(Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z: Die essensiële gids vir taalgebruikers – Dalene Müller en Sebastian Pistor)